| gooikierie [boodskap #139619] |
Do., 30 Junie 2022 19:19 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gooikierie
Afbreking: gooi•kie•rie
Samestelling: gooi + kierie
Selfstandige naamwoord: gooikierie
Meervoud: gooikieries
Verkleinwoord: gooikierietjie
Meervoud van verkleining: gooikierietjies
Betekenis:
• 'n Kierie wat vaartbelyn deur die lug kan trek.
Gebruik:
• 'n Vernuftige jagter kan maklik 'n haas, dassie, tarentaal of patrys met 'n gooikierie vir die pot plattrek.
Vertaling:
Engels: throw stick
Nederlands: werpstok
Nota:
• 'n Boemerang is 'n soort krom gooikierie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|