| penseel [boodskap #139541] |
Do., 16 Junie 2022 10:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24159 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Verskeie pensele: rond; plat; rond met kort hare; kattong; waaier; skuins; mop; sleper
penseel
Afbreking: pen•seel
Selfstandige naamwoord: penseel
Meervoud: pensele
Verkleinwoord: penseeltjie
Meervoud van verkleining: penseeltjies
Betekenis:
• 'n Soort kwas met sagte, soepel hare waarmee geskilder word.
Gebruik:
• Besluit vooraf wat jy wil skilder en watter penseel die beste sal werk.
Sinoniem:
• skilderkwas
Hiponiem:
• freskopenseel
• kameelhaarpenseel
• kleurpenseel
• punteerpenseel
• tintpenseel
Afgelei:
• penseelhaal
• penseelstreek
• penseelvoering
• penseelvormig
• penseelwerk
Vertaling:
Engels: paintbrush
Nederlands: penseel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|