Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: WWJD
Re: WWJD [boodskap #13704] |
Wed, 01 April 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"griet" writes:
> Jy is ten minste een minder
> verdwaalde siel op hierdie NG en dis
> voorwaar verfrissend. Groetnis.
Ag, hier kom die tier weer met
sy kolle vir almal om te sien.
Die Christen wat vroom verklaar
"jy is 'n geredde siel" en "jy
is 'n verdwaalde siel" en vergeet
skoon dat Christus gesê het
"moenie oordeel" nie. Dis die
tipe Christene wat die kerke
gedurende die apartheidsdae
volgesit het met hulle hoede
en hulle bybels en niks gesien
het van die smarte en ellendes
wat sommige van hulle predikante
met hulle goedkeuring van
apartheid moontlik gemaak het
nie.
'n Lid van die Kappie-kommando
wat veg in die Derde Boere-oorlog.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: WWJD [boodskap #13795 is 'n antwoord op boodskap #13704] |
Wed, 08 April 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
griet wrote in article
...
| Nico, Nico, Nico,
|
| Langenhoven het hierdie jaar 'n poniestert en domineer byderwets die Ka
Ka
| en Ka.
Tweede verwysing hierna wat ek sien - help - waarvoor staan dit???
| Dog ek haal maar vir jou aan uit sy denke:
| "-Gebruik die tyd waarin jy oor die toekoms kwel...om nou te leef."
My eie filosofie ook.
| "-Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe,
is
| 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie"
| "- Hoe meer swakheid my naaste openbaar, hoe hoër my agting vir hom. Hy
| openbaar wat die meeste ander verberg."
|
| Kom nou Nico, moet tog nie 'n aapstert wees nie.
| As ons kan erken ons is Afrikaners, kan ons ook erken dat ons Christene
is.
| Vir wat kan ek nou nie lekker met Jaco gesels nie.
Sorry, ek dink jy moes my verkeerd verstaan het - ek het kommentaar op
Gloudina se alwetendheid gelewer en oor die feit dat sy gakla het omdat jy
vir haar alwetend geklink het!
|
| Jou siele vrede is basies maar jou eie saak, engel. Hoe jy daarby uitkom
is
| ook mos maar jou voorreg.
|
| Anoniem: " Die gemiddelde meisie sal liewers mooi as slim wees, want sy
| weet die deursnee man kan beter sien as wat hy kan dink........: - D.
| lekker dag vir jou!
|
|
|
Re: WWJD [boodskap #13796 is 'n antwoord op boodskap #13704] |
Wed, 08 April 1998 00:00   |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Nico, Nico, Nico,
Kyk, nou word daar al van tiere met kolle in 'n kappie kommando gepraat.
Hoe lyk 'n kollerige tier met 'n swart kappie op...
Gloudina spring op 'n hogere ouderdom op 'n weghol perd en hou haarself
kuberruiter. Die kuberruimte is dem wyd en oop.....seker die oorsaak dat
Gloudientjie lanklaas hier verby gekom het.........ho ho ha ha ha!
Langenhoven het hierdie jaar 'n poniestert en domineer byderwets die Ka Ka
en Ka.
Dog ek haal maar vir jou aan uit sy denke:
"-Gebruik die tyd waarin jy oor die toekoms kwel...om nou te leef."
"-Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe, is
'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie"
"- Hoe meer swakheid my naaste openbaar, hoe hoër my agting vir hom. Hy
openbaar wat die meeste ander verberg."
Kom nou Nico, moet tog nie 'n aapstert wees nie.
As ons kan erken ons is Afrikaners, kan ons ook erken dat ons Christene is.
Vir wat kan ek nou nie lekker met Jaco gesels nie.
Jou siele vrede is basies maar jou eie saak, engel. Hoe jy daarby uitkom is
ook mos maar jou voorreg.
Anoniem: " Die gemiddelde meisie sal liewers mooi as slim wees, want sy
weet die deursnee man kan beter sien as wat hy kan dink........: - D.
lekker dag vir jou!
|
|
|
|
WWJD(Afrikaanse weergawe) [boodskap #13949 is 'n antwoord op boodskap #13704] |
Tue, 21 April 1998 00:00  |
Jaco Cloete
Boodskappe: 1 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hi daar mede Jesus "Freaks,"
Of julle daarvan weet weet ek nie, maar iemand het met die WWJD
idee(oplossing) na vore gekom. WWJD staan vir "What Would Jesus Do." Dit
maak die teenwoordigheid van Jesus baie sterker. Armbande van materiaal
met die letters daarop gedruk en enkelkettinkies met 5 kraaletjies, elkeen
met 'n letter op, was gemaak en word deur kinders gedra. Vir myself en 'n
vriend of twee het ek geskrif ontwerp om te druk op spesiale afstrykpapier
en dan om op T-Hemde te druk. Met die woorde: WWJD
(What Whould Jesus Do)
'Ceeps me from doing the
WRONG!
Jy kan ook die Afrikaanse afkortings gebruik, WSJD(Wat Sou Jesus Doen)
Gebruik jou verbeelding en maak jou eie idees. Plakkers, sweetbande,
plakkate ens. Om dit te dra laat jou twee keer dink wanneer die duiwel kom
met sy versoekinge om jou te laat sondig. Jy het net jou siel en die
ewigelewe saam met God om te wen.
Wees sterk en geduldig. Jesus is die Lig en Hy kom binnekort.
Onss Koning leef!!!!!!
Jesusliefde
"Jakes"
Jaco Cloete
Huis Wallace Anderson
Proteastraat 29
Riversdal
6670
Suid Afrika
ja...@gardenet.co.za
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:15:18 UTC 2025
|