Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vryval
vryval [boodskap #139404] Sa, 14 Mei 2022 18:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vryval
Afbreking: vry•val
Samestelling: vry + val


Selfstandige naamwoord: vryval
Meervoud:

Betekenis:
• Toestand waarin 'n voorwerp onder swaartekrag na benede val.

Gebruik:
• Die valskermspringer ontplooi sy valskerm ná 'n vryval van ongeveer 35 tot 40 sekondes.

Afgelei:
• valskermvryval
• vryvalformasie
• vryvalkunstenaar
• vryvalversnelling
• vryvaller

Vertaling:
Engels: free fall
Nederlands: vrijval


Werkwoord: vryval
Verlede tyd: het vrygeval

Betekenis:
• Om los te kom en ondertoe te beweeg.

Gebruik:
• In die fliek vryval die protagonis uit 'n helikopter oor die see.

Vertaling:
Engels: to free fall, skydive
Nederlands: vrijvallen

Nota:
• Die hoogste snelheid wat 'n voorwerp in vryval kan bereik word die terminale snelheid genoem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: huppel
Volgende onderwerp: slotreël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 10:23:29 MGT 2024