Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versvoet
versvoet [boodskap #139385] Di, 10 Mei 2022 15:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versvoet
Afbreking: vers•voet
Samestelling: vers + voet


Selfstandige naamwoord: versvoet
Meervoud: versvoete

Betekenis:
• Die kombinasie van beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe wat die maat of ritme van 'n versreël bepaal.

Gebruik:
• Dieselfde versvoet word gewoonlik in 'n versreël (selfs in die hele gedig) herhaal.

Sinoniem:
• metrum

Vertaling:
Engels: metrical foot
Nederlands: versvoet

Nota:
• 'n Versreël word geklassifiseer volgens die aantal versvoete waaruit dit bestaan, naamlik monometer (eenvoetig), dimeter (tweevoetig), trimeter (drievoetig), tetrameter (viervoetig), pentameter (vyfvoetig), heksameter (sesvoetig), heptameter (sewevoetig) en oktameter (agtvoetig).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vyfvoetig
Volgende onderwerp: waaiervormig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 06:51:30 MGT 2024