Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitgrawing
uitgrawing [boodskap #139341] Di., 03 Mei 2022 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgrawing
Afbreking: uit•gra•wing
Samestelling: uit + graaf + -ing


Selfstandige naamwoord: uitgrawing
Meervoud: uitgrawinge, uitgrawings

Betekenis:
• Die handeling van uitgrawe, of 'n holte wat uitgegrawe is.

Gebruik:
• Kimberley se diamantmyn is die grootste uitgrawing op aarde wat deur mense gemaak is.

Sinoniem:
• opdelwing
• opgrawing
• uitholling

Hiponiem:
• gat
• kuil
• krater
• loopgraaf
• myn
• put
• sloot
• steengroef
• tonnel

Afgelei:
• uitgrawingswerk

Vertaling:
Engels: excavation, dugout
Nederlands: afgraving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitgestrek
Volgende onderwerp: uitloper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 14:38:32 UTC 2025