| paaseier [boodskap #139211] |
Do., 14 April 2022 12:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kinders wat paaseiers versier.
paaseier
Afbreking: paas•ei•er
Samestelling: Paas(fees) + eier
Selfstandige naamwoord: paaseier
Meervoud: paaseiers
Verkleinwoord: paaseiertjie
Meervoud van verkleining: paaseiertjies
Betekenis:
• 'n Versierde eier (gekook of soms van sjokolade) wat gedurende Paasfees geëet word.
Gebruik:
• Op Paasmaandag gaan ons paaseiers in die tuin wegsteek vir die kinders om te vind.
Vertaling:
Engels: Easter egg
Nederlands: paasei
Nota:
• Die eier word as 'n simbool van die heropstanding gesien.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|