| neiging [boodskap #139208] |
Do., 14 April 2022 09:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26484 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
neiging
Afbreking: nei•ging
Samestelling: neig + -ing
Selfstandige naamwoord: neiging
Meervoud: neiginge, neigings
Verkleinwoord: neiginkie
Meervoud van verkleining: neiginkies
Betekenis:
• Die handeling van neig; 'n onbewuste drang tot 'n bepaalde gedrag of optrede.
Gebruik:
• Die kind het soms 'n neiging om te dagdroom.
Sinoniem:
• affiniteit
• begeerte
• drang
• geneigdheid
• inklinasie
• instink
• lus
• tendens
• verlange
Afgelei:
• hoofneiging
• karakterneiging
• swermneiging
Vertaling:
Engels: inclination, disposition, tendency
Nederlands: neiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 13 September 2026 15:35] deur moderator Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|