Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » PW as oorlogsmisdadiger voor Madame Arbour
PW as oorlogsmisdadiger voor Madame Arbour [boodskap #13919] Ma, 20 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"André" writes:
>
Is wraak en vergelding deel van jou christenskap of kom dit dalk iewers in
> die handves van mense regte voor?
>
> Wonder maar net
>
>
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>> Ek dink nogtans dat dit nie sal
>> kwaaddoen as daar 'n verhoor is
>> van PW nie,

Ongelukkig het hierdie soort sentiment:
dat almal maar nou moet vergewe en vergeet
nie deel van die apartheidsdenke gevorm
nie. Toe het hulle mos maar net aangekla
en papgeslaan. Ek vind dit snaaks dat
so baie Afrikaners nou die vergewe-en-
vergeet doktrine preek en alles wat nie
daarna lyk nie, aankla as onchristelikheid.
Mag ek jou ook daarop wys dat die Verenigde
Volke 'n hof het vir oorlogsmisdadigers
(nou is daar, na Goldstone, 'n Kanadese
vrou - Madame Arbour - aan die hoof) wat
aktief soek om oorlogsmisdadigers te
verhoor. Ek wonder of PW nie ook voor
daardie hof gedaag moet word nie.

Gloudina
Re: PW as oorlogsmisdadiger voor Madame Arbour [boodskap #13920 is 'n antwoord op boodskap #13919] Ma, 20 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
daardie hof gedaag moet word nie.>>[/color]

Nie 'n slegte idee nie.
Re: PW as oorlogsmisdadiger voor Madame Arbour [boodskap #13946 is 'n antwoord op boodskap #13919] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina stel voor dat PW voor die internasionale tribunaal vir
oorlogsmisdade gedaag moet word, en Ferdi antwoord met groot insig:

Ferdi wrote in message 353c93e1...@news.icon.co.za>...
> > daardie hof gedaag moet word nie.>>
>
> Nie 'n slegte idee nie.
>

Ek stem ook 100% saam. Teen die tempo waarteen ons regstelsel tans ondermyn
word deur politieke druk is dit die enigste plek waar hy 'n regverdige
verhoor sal kry.

My eie vermoede is natuurlik dat hy heel waarskynlik uit so 'n verhoor sal
kom met die gelukwensing van die hof vir die vasberadenheid waarmee hy
probeer het om _al_ die mense van SA te beskerm teen lafhartige rampokkers
wat hulself "vryheidsvegters" genoem het. (Miskien sou die hof hom darem ook
maan oor sy swak maniere en sy arrogansie - en aanbeveel dat hy sy hande in
sy sakke steek tydens openbare toesprake).

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: WWJD
Volgende onderwerp: Re: Ek is gek oor blanke boertjies!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 19:15:01 MGT 2024