pons [boodskap #139108 ]
Ma., 21 Maart 2022 15:15
Leksikograaf
Boodskappe: 24212Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Papierpons.
pons
Afbreking: pons
Selfstandige naamwoord: pons
Meervoud: ponse
Verkleinwoord: ponsie
Meervoud van verkleining: ponsies
Betekenis:
• Toestel om gate in voorwerpe (soos papier, metaal of leer) te slaan; ponser; ponsmasjien.
• Mengeldrankie wat by partytjies opgedien word, dikwels met wyn of brandewyn.
Gebruik:
• Gebruik die pons om gaatjies in die papier te maak.
• Mensig, die pons het skop!
Hiponiem:
• graveerpons
• papierpons
• rumpons
• vrugtepons
Afgelei:
• ponsgat
• ponskaart
• ponsmasjien
• ponsstempel
• senterpons
• ponsglas
• ponsketel
• ponskom
Vertaling:
Engels: punch
Nederlands: pons
Werkwoord: pons
Verlede tyd: het gepons
Teenwoordige deelwoord: ponsend , ponsende
Verlede deelwoord: geponste
Betekenis:
• Om 'n gat (of gaatjies) in iets (soos papier) te slaan.
Gebruik:
• Die klerk pons en liasseer die dokumente.
Vertaling:
Engels: to punch
Nederlands: ponsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.