| finanswese [boodskap #139044] |
Sa., 12 Maart 2022 09:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
finanswese
Afbreking: fi•nans•we•se
Samestelling: fianans(ies) + wese
Selfstandige naamwoord: finanswese
Meervoud: –
Betekenis:
• Die besigheidsektor wat hom op finansies en geldsake toespits.
Gebruik:
• Daar is talle beroepe in die banksektor en ander terreine van die finanswese.
Wisselvorm:
• finansiewese
Sinoniem:
• geldwese
Vertaling:
Engels: finance business
Nederlands: financiën, geldwezen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|