| ewewigsorgaan [boodskap #139036] |
Do., 10 Maart 2022 12:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die menslike ewewigsorgaan.
ewewigsorgaan
Afbreking: e•we•wigs•or•gaan
Samestelling: ewewig + -s- + orgaan
Selfstandige naamwoord: ewewigsorgaan
Meervoud: ewewigsorgane
Verkleinwoord: ewewigsorgaantjie
Meervoud van verkleining: ewewigsorgaantjies
Betekenis:
• Halfsirkelvormige kanale in die binneoor van 'n dier wat help om ruimtelike oriëntering te bepaal en balans te handhaaf.
Gebruik:
• As die menslike ewewigsorgaan erg versteur word kan dit tot mislikheid en selfs duiseligheid lei.
Sinoniem:
• vestibulêre orgaan
Vertaling:
Engels: vestibular organ
Nederlands: evenwichtsorgaan, vestibulaire orgaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|