| doelstelling [boodskap #138980] |
Sa., 26 Februarie 2022 17:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doelstelling
Afbreking: doel•stel•ling
Samestelling: doel + stelling
Selfstandige naamwoord: doelstelling
Meervoud: doelstellinge, doelstellings
Verkleinwoord: doelstellinkie
Meervoud van verkleining: doelstellinkies
Betekenis:
• 'n Geformuleerde doel wat vasgestel is en waarna daar gewerk word.
Gebruik:
• Maak seker jou doelstelling is spesifiek en haalbaar.
Sinoniem:
• doelwit
• einddoel
• mikpunt
• oogmerk
• strewe
Afgelei:
• beleidsdoelstelling
• programdoelstelling
Vertaling:
Engels: objective, aim
Nederlands: doelstelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|