Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kasaterwater
kasaterwater [boodskap #138785] Di., 25 Januarie 2022 07:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24327
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kasaterwater
Afbreking: ka•sa•ter•wa•ter
Samestelling: kasater + water


Selfstandige naamwoord: kasaterwater
Meervoud:

Betekenis:
• Baie flou tee of koffie. Waterige koffie of tee wat sleg proe.

Gebruik:
• Sommige mense hou van sterk koffie en tee, en noem dan die ander s'n kasaterwater.

Spreekwoord:
• Sy drink kasaterwater. [Baie flou koffie/ tee.]

Sinoniem:
• skottelgoedwater
• slootwater

Vertaling:
Engels: cat‐lap, dishwater
Nederlands: slappe koffie

Nota:
• Moontlik van Koi, "ghwabawatertjies", flou tee of swart koffie, andersins moontlik van Portugees, "cansado", flou, verswak, of "chasada", slegte, swak tee.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bohaai
Volgende onderwerp: bedryfstelsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jan. 19 19:55:44 UTC 2026