| klinkklaar [boodskap #138776] |
So., 23 Januarie 2022 10:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24183 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klinkklaar
Afbreking: klink•klaar
Samestelling: klink + klaar
Byvoeglike naamwoord: klinkklaar
Attributief: klinkklare
Betekenis:
• Wat baie duidelik is.
Gebruik:
• Die staat het klinkklare bewyse teen die aangeklaagde.
• Die uitkoms is dalk nie so klinkklaar as wat ons dink nie.
Sinoniem:
• duidelik
• glashelder
• helder
• louter
• oorduidelik
• seker
Vertaling:
Engels: plain, pure, sheer
Nederlands: klinkklaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|