Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oppasser
oppasser [boodskap #138763] Vr., 21 Januarie 2022 20:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24176
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oppasser
Afbreking: op•pas•ser
Samestelling: oppas + -ser


Selfstandige naamwoord: oppasser
Meervoud: oppassers
Verkleinwoord: oppassertjie
Meervoud van verkleining: oppassertjies

Betekenis:
• Persoon wat iets of iemand oppas.

Gebruik:
• Die kind se ouers is meestal uitstedig en hy word deur 'n oppasser grootgemaak.

Spreekwoord:
• Moenie bobbejaan oppasser van die vyeboom maak nie. ['n Skelm persoon in 'n verantwoordelike pos aanstel.]

Sinoniem:
• bewaarder
• bewaker
• chaperone
• herder
• hoeder
• opsigter
• wagter

Antoniem:
• oppasster (vroulik)

Afgelei:
• kantooroppasser
• keteloppasser
• kinderoppasser

Vertaling:
Engels: caretaker, attendant
Nederlands: oppasser

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanbevelingsbrief
Volgende onderwerp: aristokrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 09:35:15 UTC 2025