| rooivonk [boodskap #138647] |
Wo., 29 Desember 2021 09:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24298 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die veluitslag van masels en rooivonk.
rooivonk
Afbreking: rooi•vonk
Samestelling: rooi + vonk
Selfstandige naamwoord: rooivonk
Meervoud: rooivonke
Betekenis:
• Infeksie waarby die liggaam met rooi vlekke oortrek is.
Gebruik:
• Rooivonk is 'n kindersiekte wat deur streptokokke veroorsaak word.
Sinoniem:
• skarlakenkoors
• skarlatina
• vlekkoors
Vertaling:
Engels: scarlet fever
Nederlands: roodvonk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|