Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opening
opening [boodskap #138608] Do, 23 Desember 2021 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19496
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opening
Afbreking: o•pe•ning
Samestelling: open + -ing


Selfstandige naamwoord: opening
Meervoud: openinge, openings
Verkleinwoord: openinkie
Meervoud van verkleining: openinkies

Betekenis:
• 'n Plek wat deurgang bied tot iets was afgeslote is.
• Die oopstelling of inwyding van iets.

Gebruik:
• Die grot se opening het toegeval.
• Die burgemeester sal 'n lint tydens die brug se opening knip.

Sinoniem:
• aanvang
• begin
• inwyding
• gaping
• gat
• skeur
• skreef
• spleet
• uitholling

Afgelei:
• asemhalingsopening
• deuropening
• halsopening
• hekopening
• heropening
• huidopening
• keelopening
• knieopening
• lensopening
• lugopening
• lykopening
• mondopening
• openingsdag
• openinggrootte
• openingseremonie
• openingsplegtigheid
• openingsrede
• openingswoord
• propopening
• pupilopening
• kieuopening
• skagopening
• sluisopening
• sluiteropening
• uitlaatopening
• uitstromingsopening

Vertaling:
Engels: hole, gap, aperture; opening
Nederlands: opening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rotspoel
Volgende onderwerp: okulis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 01:02:50 MGT 2024