Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tandwiel
tandwiel [boodskap #138554] Ma, 06 Desember 2021 16:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19333
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tandwiel en 'n wurmrat.
'n Tandwiel en 'n wurmrat.
tandwiel
Afbreking: tand•wiel
Samestelling: tand + wiel


Selfstandige naamwoord: tandwiel
Meervoud: tandwiele
Verkleinwoord: tandwieletjie
Meervoud van verkleining: tandwieletjies

Betekenis:
• 'n Wiel met 'n gekartelde rand (tande) wat dryfkrag aan 'n ander wiel of rat kan oordra.

Gebruik:
• Wanneer 'n tandwiel teen 'n ander tandwiel geplaas word sal hulle in teenoorgestelde rigtings draai.

Sinoniem:
• kamrat
• tandrat

Afgelei:
• tandwielkas

Vertaling:
Engels: gearwheel, cogwheel
Nederlands: tandwiel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: piton
Volgende onderwerp: visitekaartjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 13:58:10 MGT 2024