| tandwiel [boodskap #138554] |
Ma., 06 Desember 2021 16:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Tandwiel en 'n wurmrat.
tandwiel
Afbreking: tand•wiel
Samestelling: tand + wiel
Selfstandige naamwoord: tandwiel
Meervoud: tandwiele
Verkleinwoord: tandwieletjie
Meervoud van verkleining: tandwieletjies
Betekenis:
• 'n Wiel met 'n gekartelde rand (tande) wat dryfkrag aan 'n ander wiel of rat kan oordra.
Gebruik:
• Wanneer 'n tandwiel teen 'n ander tandwiel geplaas word sal hulle in teenoorgestelde rigtings draai.
Sinoniem:
• kamrat
• tandrat
Afgelei:
• tandwielkas
Vertaling:
Engels: gearwheel, cogwheel
Nederlands: tandwiel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|