| stralingsenergie [boodskap #138541] |
Sa., 04 Desember 2021 10:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sonpanele skakel stralingsenergie na elektriese energie om.
stralingsenergie
Afbreking: stra•lings•en•er•gie
Samestelling: straling + -s- + energie
Selfstandige naamwoord: stralingsenergie
Meervoud: –
Betekenis:
• Energie wat in die vorm van elektromagnetiese golwe uitgestraal word.
Gebruik:
• Die chlorofil in groen plante vang die stralingsenergie van die son vas.
Vertaling:
Engels: radiant energy
Nederlands: stralingsenergie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|