| ekoloog [boodskap #138521] |
Do., 02 Desember 2021 09:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ekoloog
Afbreking: e•ko•loog
Samestelling: eko- + -loog
Selfstandige naamwoord: ekoloog
Meervoud: ekoloë
Betekenis:
• Wetenskaplike wat die onderlinge interaksies tussen organismes met mekaar en met hul omgewing bestudeer. Kenner van die omgewingsleer.
Gebruik:
• 'n Ekoloog is gevra om die effek wat 'n nuwe dam op die omgewing en ekostelsels sal hê te ondersoek.
Verwant:
• ekologie
• ekologies
Vertaling:
Engels: ecologist
Nederlands: ecoloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|