Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begeleiding
begeleiding [boodskap #138503] Ma, 29 November 2021 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begeleiding
Afbreking: be•ge•lei•ding
Samestelling: begelei + -ding


Selfstandige naamwoord: begeleiding
Meervoud: begeleidinge, begeleidings
Verkleinwoord: begeleidinkie
Meervoud van verkleining: begeleidinkies

Betekenis:
• Persoon(e) wat iemand vergesel of bewaak.
• (musiek) Harmoniese en ritmiese ondersteuning.

Gebruik:
• Die koning het gereeld sonder enige wagte of begeleiding deur die stad gery.
• Die gemeente sing die Onse Vader onder begeleiding van die orrel.

Afgelei:
• fluitbegeleiding
• ghitaarbegeleiding
• kitaarbegeleiding
• klavierbegeleiding
• orkesbegeleiding
• orrelbegeleiding
• pianobegeleiding
• sterwensbegeleiding

Verwant:
• begeleier
• begeleidster

Vertaling:
Engels: accompaniment, guidance, escort
Nederlands: begeleiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haarvlegsel
Volgende onderwerp: dynserig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:42:02 MGT 2024