| aalbessiebos [boodskap #138489] |
Sa., 27 November 2021 18:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Aalbessiebos.
aalbessiebos
Afbreking: aal•bes•sie•bos
Samestelling: aalbessie + bos
Selfstandige naamwoord: aalbessiebos
Meervoud: aalbessiebosse
Verkleinwoord: aalbessiebossie
Meervoud van verkleining: aalbessiebossies
Betekenis:
• Struikagtige plant wat trosse eetbare aalbessies dra, genus Ribes.
Gebruik:
• Die aalbessiebos is bladwisselend en word 1 tot 1,5 meter hoog.
Afgelei:
• rooiaalbessiebos
• swartaalbessiebos
• witaalbessiebos
Vertaling:
Engels: currant bush
Nederlands: aalbessenstruik
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|