Leksikograaf Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Padteken wat aandui dat die motoris ryvoorrang geniet.Ryvoorrang geld o.a. by verkeersirkels.ryvoorrang
Afbreking: ry•voor•rang
Samestelling: ry + voorrang
Selfstandige naamwoord: ryvoorrang
Meervoud: –
Betekenis:
• Die reg om voor ander te mag ry.
Gebruik:
• Wanneer 'n mens by 'n verkeersirkel aankom het motoriste wat reeds in die sirkel is, of dit aan jou regterkant betree, ryvoorrang.
Sinoniem:
• ryreg
Vertaling:
Engels: right of way, driving precedence
Nederlands: rijprioriteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.