| waan [boodskap #138448] |
So., 21 November 2021 10:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waan
Afbreking: waan
Selfstandige naamwoord: waan
Meervoud: wane
Verkleinwoord: waantjie
Meervoud van verkleining: waantjies
Betekenis:
• 'n Foutiewe oortuiging of ongegronde interpretasie van die werklikheid.
Gebruik:
• Die onduidelike testament bring hom onder die waan dat hy ryk geërf het.
Sinoniem:
• aanstellery
• denkbeeld
• drogbeeld
• dwaalpad
• dwaling
• fantasie
• hallusinasie
• hersenskim
• illusie
• misverstand
• sinsbedrog
• sinsbegogeling
• versinsel
• wanbegrip
• wanopvatting
Antoniem:
• realiteit
• werklikheid
Hiponiem:
• argwaan
• eiewaan
• grootheidswaan
• hoogheidswaan
• hoogmoedswaan
• kleinheidswaan
• rassewaan
• reukwaan
• vergiftigingswaan
Afgelei:
• waanbeeld
• waanbegrip
• waangdagte
• waangeloof
• waanidee
• waansin
• waanvoorstelling
• waanwys
• waanwysheid
Vertaling:
Engels: delusion, illusion, hallucination
Nederlands: waan
Werkwoord: waan
Verlede tyd: het gewaan
Teenwoordige deelwoord: wanende
Verlede deelwoord: gewaande
Betekenis:
• Om 'n verkeerde persepsie van die werklikheid te hê.
Gebruik:
• Hy is duidelik nie die handperd wat sy baas hom gewaan het nie.
Sinoniem:
• hallusineer
• fantaseer
• verbeel
Vertaling:
Engels: to imagine, fancy, think
Nederlands: wanen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|