| hemelliggaam [boodskap #138429] |
Wo., 17 November 2021 17:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die aarde, as hemelliggaam, soos van die maan af gesien.
hemelliggaam
Afbreking: he•mel•lig•gaam
Samestelling: hemel + liggaam
Selfstandige naamwoord: hemelliggaam
Meervoud: hemelliggame
Verkleinwoord: hemelliggaampie
Meervoud van verkleining: hemelliggaampies
Betekenis:
• 'n Natuurlike voorwerp of struktuur wat in die hemelruim waargeneem kan word.
Gebruik:
• Die maan is 'n hemelliggaam wat om die aarde wentel.
Hiponiem:
• asteroïde
• komeet
• konstellasie
• maan
• planeet
• son
• ster
Vertaling:
Engels: celestial body, heavenly body
Nederlands: hemellichaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|