Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » navolg
navolg [boodskap #138404] So, 14 November 2021 08:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19006
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
navolg
Afbreking: na•volg
Samestelling: na + volg


Werkwoord: volg na, navolg
Verlede tyd: het nagevolg

Betekenis:
• Om agter iets of iemand aan te gaan.
• Om iemand se voorbeeld te volg (meestal uit bewondering).
• Om 'n reël of voorskrif noukeurig te volg.

Gebruik:
• Die dissipels het Jesus nagevolg.
• Hy is vir my 'n rolmodel en ek wil in sy voetspore navolg.
• As jy die resep presies navolg sal die koek nie platval nie.

Sinoniem:
• agternadoen
• agternaloop
• agternasit
• agternasnel
• agtervolg
• emuleer
• naboots
• nadoen
• naloop
• namaak
• nasit
• naspoor
• napraat
• nastrewe
• simuleer
• spoorsny
• teruglei

Afgelei:
• navolgbaar
• navolger
• navolging
• navolgenswaardig

Vertaling:
Engels: to follow
Nederlands: navolgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saamgroei
Volgende onderwerp: monding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 13:27:50 MGT 2024