| patat [boodskap #138170] |
Sa., 09 Oktober 2021 08:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Patats
patat
Afbreking: pa•tat
Selfstandige naamwoord: patat
Meervoud: patats
Verkleinwoord: patatjie
Meervoud van verkleining: patatjies
Betekenis:
• 'n Soet knol wat as groente geëet word, Ipomoea batatas.
• 'n Domkop.
Gebruik:
• Verkies jy aartappels of patats saam met jou vleis.
• Jy is 'n regte patat.
Wisselvorm:
• patatta
Afgelei:
• patatkoekie
• patatrank
• patatskyf
• soetpatat
• veldpatat
• warmpatat
• wurgpatat
Vertaling:
Engels: sweet potato; block-head
Nederlands: zoete aardappel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|