| bolla [boodskap #138079] |
Wo., 29 September 2021 11:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24153 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vrou met 'n bolla.
bolla
Afbreking: bol•la
Selfstandige naamwoord: bolla
Meervoud: bollas
Verkleinwoord: bollatjie
Meervoud van verkleining: bollatjies
Betekenis:
• Haarstyl met die hare in 'n opgedraaide bol op die kop vasgesteek.
Gebruik:
• Sy steek haar bolla met 'n haarnaald vas.
Sinoniem:
• haarbolla
• haarwrong
• knoet
• knot
• kondee (verouderd)
• wrong (deftig)
Vertaling:
Engels: bun (of hair), chignon
Nederlands: haarwrong
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|