Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paaltjie
paaltjie [boodskap #138071] Di, 28 September 2021 13:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Krieket word gespeel.
Krieket word gespeel.
paaltjie
Afbreking: paal•tjie
Samestelling: paal + -tjie


Selfstandige naamwoord: paaltjie
Meervoud: paaltjies

Betekenis:
• (krieket) Een van die drie penne wat die bouler probeer raakboul.
• Verkleinwoord van paal; 'n klein paal in die algemeen.

Gebruik:
• Die toerspan het met 8 paaltjies gewen.
• Daai paaltjie is hopeloos te klein.

Spreekwoord:
• As puntjie by paaltjie kom. [As dit regtig daarop aankom.]

Afkorting:
• p.

Afgelei:
• krieketpaaltjie
• paaltjiewagter

Verwant:
• bypen
• wegpen

Vertaling:
Engels: stump; small pole
Nederlands: paaltje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kodifiseer
Volgende onderwerp: paaltjiewagter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 18:25:46 MGT 2024