Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belasbaar
belasbaar [boodskap #138042] Ma, 27 September 2021 07:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belasbaar
Afbreking: be•las•baar
Samestelling: belas + -baar


Byvoeglike naamwoord: belasbaar
Attributief: belasbare

Betekenis:
• Waarop belasting betaal moet word.
• (ongewoon) Wat 'n bepaalde gewig/las kan dra.

Gebruik:
• Nie alle inkomste is belasbaar nie en nie alle uitgawes is aftrekbaar nie.
• Sy gebreekte been is weer gesond en volledig belasbaar.

Sinoniem:
• skatbaar
• skatpligtig
• synsbaar

Antoniem:
• onbelasbaar

Afgelei:
• belasbaarheid

Vertaling:
Engels: taxable, rateable, dutiable
Nederlands: belastbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kosmopolities
Volgende onderwerp: versagtend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:43:25 MGT 2024