Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: WWJD
Re: WWJD [boodskap #13704] Wo, 01 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:

> Jy is ten minste een minder
> verdwaalde siel op hierdie NG en dis
> voorwaar verfrissend. Groetnis.

Ag, hier kom die tier weer met
sy kolle vir almal om te sien.
Die Christen wat vroom verklaar
"jy is 'n geredde siel" en "jy
is 'n verdwaalde siel" en vergeet
skoon dat Christus gesê het
"moenie oordeel" nie. Dis die
tipe Christene wat die kerke
gedurende die apartheidsdae
volgesit het met hulle hoede
en hulle bybels en niks gesien
het van die smarte en ellendes
wat sommige van hulle predikante
met hulle goedkeuring van
apartheid moontlik gemaak het
nie.

'n Lid van die Kappie-kommando
wat veg in die Derde Boere-oorlog.
Re: WWJD [boodskap #13705 is 'n antwoord op boodskap #13704] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Haai Jaco,

Jy woon in 'n baie mooi dorp. Ons seuns is daar in Oakdale en dis altyd 'n
plesier om die 6-uur lange reis te onderneem om die skool en die dorp se
aktiwiteite te gaan ondersteun. Baie voorspoed met jou positiewe bydrae.

Iemand anders hier op die NG het aangehaal uit Openbaring. Soveel honderde
jare terug is die waarheid reeds in die Bybel vasgelê, maar tog dwaal almal
nog soekend, ten spyte daarvan dat ons almal reeds deur die Bybelse
waarhede geskool is.

Die Khoran het soortgelyke boodskappe, en so ook ander die ander
godsdienste van die wereld. maar niemand luister nie.

Gierigheid, afguns en na-ywer sal altyd met ons wees, veral in ons land met
sy erts en edelmetaal rykdomme. Dis tragies, maar waar. Jou Jesus-boodskap
is baie welkom. Ons seuns is ook deel van die Jesus-beweging in Riversdal.
Dit het 'n groot impak op hulle lewens gehad in 'n baie sensitiewe stadium
van hulle lewens. Ons is baie dankbaar dat hulle op hierdie dorp besluit
het vir hulle sekondêre skool-opleiding. Jy is ten minste een minder
verdwaalde siel op hierdie NG en dis voorwaar verfrissend. Groetnis.
Re: WWJD [boodskap #13742 is 'n antwoord op boodskap #13704] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Griet en Jaco Cloete,
Dankie vir jul positiewe plasings. Hierdie NG het dit nodig. Ignoreer maar
asb vir ou tannie oink. Sy leef in 'n drogdroomwêreld van 30 jaar gelede
toe sy uit SA "gevlug" het en glo dat ons hier in SA nog in daardie tyd
leef. Verbeel jou, derde boereoorlog en kappiekommando.
Ek verwyder haar plasings nou van my nuusleser.
Indien julle wil, kan julle jul nuusleser soos volg opstel: "Remove
'@igs.net'
to Trashbin". Met IE3 of 4 stel jy net jou "News Filter" onder "Tools" op
om '@igs.net' se plasings nie te vertoon nie.
Moenie op haar plasings reageer nie, want dan vertoon my nuusleser weer haar
aangehaalde twak saam met jul boodskappe.
Groetnis
CH

@igs.net wrote in message ...
> "griet" writes:
>
>> Jy is ten minste een minder
>> verdwaalde siel op hierdie NG en dis
>> voorwaar verfrissend. Groetnis.
>
> Ag, hier kom die tier weer met



> 'n Lid van die Kappie-kommando
> wat veg in die Derde Boere-oorlog.
Re: WWJD [boodskap #13743 is 'n antwoord op boodskap #13704] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jaco,

Hou so aan - ek hou van manne soos jy wat so hard en duidelik praat en nie
skaam is nIe!!!!!
Ek sal vir jou bid.
--
Net Nico ...
Re: WWJD [boodskap #13771 is 'n antwoord op boodskap #13704] Vr, 03 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"chohne" writes:

Verbeel jou, derde boereoorlog en kappiekommando.

Ja, in hierdie post-moderne tyd
neem ek terug die simbole wat die
apartheidsvarke vir hulself
toege-eien het. Ek veg die
Derde Boere-oorlog teen al die
verraaiers wat nog altyd die
Afrikaner se goeie naam wil
beswadder deur hul neonazi
dade en woorde.

> Moenie op haar plasings reageer nie, want dan vertoon my nuusleser weer haar
> aangehaalde twak saam met jul boodskappe.
> Groetnis
> CH

Ha, ha, ha. Nog 'n ou gobba
van 'n bom wat ontplof het in
die eerste fase van die Derde
Boere-oorlog.
Re: WWJD [boodskap #13779 is 'n antwoord op boodskap #13704] Sa, 04 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes: > Kom by. Sarkasme is die laaste deel van 'n verrottende brein.
> My soort was nog laas uit die kerk verban oor die swart sentimente.Maak nie
> van my minder Christen nie - inteendeel. Maar ja, daar is Fariseers en
> Sadiseers wat die kerke volgesit het, en nog steeds vol sit, wat hulself
> Christene noem. Vir jou soort sal my soort hard en aanhoudend bid. Nie om
> gered te word nie, maar dat jou pad deur die lewe vir jou mooi en sinvol
> ook moet wees. Verbittering en pessimisme kan 'n mens se lewe taamlik skeef
> laat trek. Ons sal bid dat daar mooi dinge in jou lewe moet gebeur.
> Groetnis.

Sien, Griet, jy kan net nie
wegbly van vir my vertel hoe
my lewe is nie. Jy weet alles,
ne. Wie die Christen is, en
wie verlore siele is.
Re: WWJD [boodskap #13780 is 'n antwoord op boodskap #13704] Sa, 04 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Kom by. Sarkasme is die laaste deel van 'n verrottende brein.
My soort was nog laas uit die kerk verban oor die swart sentimente.Maak nie
van my minder Christen nie - inteendeel. Maar ja, daar is Fariseers en
Sadiseers wat die kerke volgesit het, en nog steeds vol sit, wat hulself
Christene noem. Vir jou soort sal my soort hard en aanhoudend bid. Nie om
gered te word nie, maar dat jou pad deur die lewe vir jou mooi en sinvol
ook moet wees. Verbittering en pessimisme kan 'n mens se lewe taamlik skeef
laat trek. Ons sal bid dat daar mooi dinge in jou lewe moet gebeur.
Groetnis.
Re: WWJD [boodskap #13782 is 'n antwoord op boodskap #13704] So, 05 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Sien, Griet, jy kan net nie
| wegbly van vir my vertel hoe
| my lewe is nie. Jy weet alles,
| ne. Wie die Christen is, en
| wie verlore siele is.
|
|
Sien jy nou hoe lelik dit is as iemand hom/haarself as so 'n alwetende
voorstel, Gloudina?!?
Hoop jy leer daaruit...
Nico
Re: WWJD [boodskap #13795 is 'n antwoord op boodskap #13704] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
griet wrote in article
...
| Nico, Nico, Nico,
|
| Langenhoven het hierdie jaar 'n poniestert en domineer byderwets die Ka
Ka
| en Ka.

Tweede verwysing hierna wat ek sien - help - waarvoor staan dit???

| Dog ek haal maar vir jou aan uit sy denke:
| "-Gebruik die tyd waarin jy oor die toekoms kwel...om nou te leef."

My eie filosofie ook.

| "-Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe,
is
| 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie"
| "- Hoe meer swakheid my naaste openbaar, hoe hoër my agting vir hom. Hy
| openbaar wat die meeste ander verberg."
|
| Kom nou Nico, moet tog nie 'n aapstert wees nie.
| As ons kan erken ons is Afrikaners, kan ons ook erken dat ons Christene
is.
| Vir wat kan ek nou nie lekker met Jaco gesels nie.

Sorry, ek dink jy moes my verkeerd verstaan het - ek het kommentaar op
Gloudina se alwetendheid gelewer en oor die feit dat sy gakla het omdat jy
vir haar alwetend geklink het!

|
| Jou siele vrede is basies maar jou eie saak, engel. Hoe jy daarby uitkom
is
| ook mos maar jou voorreg.
|
| Anoniem: " Die gemiddelde meisie sal liewers mooi as slim wees, want sy
| weet die deursnee man kan beter sien as wat hy kan dink........: - D.
| lekker dag vir jou!
Re: WWJD [boodskap #13796 is 'n antwoord op boodskap #13704] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nico, Nico, Nico,

Kyk, nou word daar al van tiere met kolle in 'n kappie kommando gepraat.
Hoe lyk 'n kollerige tier met 'n swart kappie op...
Gloudina spring op 'n hogere ouderdom op 'n weghol perd en hou haarself
kuberruiter. Die kuberruimte is dem wyd en oop.....seker die oorsaak dat
Gloudientjie lanklaas hier verby gekom het.........ho ho ha ha ha!

Langenhoven het hierdie jaar 'n poniestert en domineer byderwets die Ka Ka
en Ka.
Dog ek haal maar vir jou aan uit sy denke:
"-Gebruik die tyd waarin jy oor die toekoms kwel...om nou te leef."
"-Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe, is
'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie"
"- Hoe meer swakheid my naaste openbaar, hoe hoër my agting vir hom. Hy
openbaar wat die meeste ander verberg."

Kom nou Nico, moet tog nie 'n aapstert wees nie.
As ons kan erken ons is Afrikaners, kan ons ook erken dat ons Christene is.
Vir wat kan ek nou nie lekker met Jaco gesels nie.

Jou siele vrede is basies maar jou eie saak, engel. Hoe jy daarby uitkom is
ook mos maar jou voorreg.

Anoniem: " Die gemiddelde meisie sal liewers mooi as slim wees, want sy
weet die deursnee man kan beter sien as wat hy kan dink........: - D.
lekker dag vir jou!
Re: WWJD [boodskap #13797 is 'n antwoord op boodskap #13704] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes: > Nico, Nico, Nico,

> As ons kan erken ons is Afrikaners, kan ons ook erken dat ons Christene is.
> Vir wat kan ek nou nie lekker met Jaco gesels nie.
>
> Jou siele vrede is basies maar jou eie saak, engel. Hoe jy daarby uitkom is
> ook mos maar jou voorreg.

Ek neem aan almal verwelkom ernstige
Christelike oortuigings uitgespreek
op hierdie nuusgroep. Maar as ons begin
hoor wie gered is en wie se siel nie
gered is nie, klink dit na daardie
apartheidsvark-predikante, en vir hulle
het die Kappiekommando van die Derde
Boerestaat die mes in.
WWJD(Afrikaanse weergawe) [boodskap #13949 is 'n antwoord op boodskap #13704] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Jaco Cloete  is tans af-lyn  Jaco Cloete
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar mede Jesus "Freaks,"

Of julle daarvan weet weet ek nie, maar iemand het met die WWJD
idee(oplossing) na vore gekom. WWJD staan vir "What Would Jesus Do." Dit
maak die teenwoordigheid van Jesus baie sterker. Armbande van materiaal
met die letters daarop gedruk en enkelkettinkies met 5 kraaletjies, elkeen
met 'n letter op, was gemaak en word deur kinders gedra. Vir myself en 'n
vriend of twee het ek geskrif ontwerp om te druk op spesiale afstrykpapier
en dan om op T-Hemde te druk. Met die woorde: WWJD
(What Whould Jesus Do)

'Ceeps me from doing the
WRONG!

Jy kan ook die Afrikaanse afkortings gebruik, WSJD(Wat Sou Jesus Doen)

Gebruik jou verbeelding en maak jou eie idees. Plakkers, sweetbande,
plakkate ens. Om dit te dra laat jou twee keer dink wanneer die duiwel kom
met sy versoekinge om jou te laat sondig. Jy het net jou siel en die
ewigelewe saam met God om te wen.

Wees sterk en geduldig. Jesus is die Lig en Hy kom binnekort.

Onss Koning leef!!!!!!

Jesusliefde
"Jakes"

Jaco Cloete
Huis Wallace Anderson
Proteastraat 29
Riversdal
6670
Suid Afrika
ja...@gardenet.co.za
Vorige onderwerp: Swak bestede tyd.
Volgende onderwerp: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 16:00:31 MGT 2024