| vyfhoek [boodskap #137925] |
So., 12 September 2021 18:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24294 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vyfhoek.
vyfhoek
Afbreking: vyf•hoek
Samestelling: vyf + hoek
Selfstandige naamwoord: vyfhoek
Meervoud: vyfhoeke
Betekenis:
• 'n Tweedimensionele meetkundige figuur met vyf hoeke en vyf sye.
Gebruik:
• 'n Reëlmatige vyfhoek se hoeke is 108° groot.
Sinoniem:
• pentagoon
• vyfkant
Hiperoniem:
• veelhoek
Afgelei:
• vyfhoekig
Vertaling:
Engels: five-angle, pentagon
Nederlands: vijfhoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|