| herehuis [boodskap #137880] |
Ma., 06 September 2021 07:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Herehuis.
herehuis
Afbreking: he•re•huis
Samestelling: here + huis
Selfstandige naamwoord: herehuis
Meervoud: herehuise
Verkleinwoord: herehuisie
Meervoud van verkleining: herehuisies
Betekenis:
• 'n Groot, deftige en luukse huis, geskik vir 'n heer.
Gebruik:
• Groot Constantia is 'n herehuis en 'n nasionale monument wat in 1925 afgebrand en daarna herbou is.
Sinoniem:
• herewoning
Vertaling:
Engels: mansion
Nederlands: herenhuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|