| stikdonker [boodskap #137723] |
Ma., 23 Augustus 2021 13:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stikdonker
Afbreking: stik•don•ker
Samestelling: stik + donker
Byvoeglike naamwoord: stikdonker
Attributief: stikdonker
Betekenis:
• Intensiewe vorm van donker: heeltemal donker.
Gebruik:
• Sy flitslig het in die middel van die stikdonker grot doodgegaan.
Sinoniem:
• doodsdonker
• nagdonker
• pikdonker
Antoniem:
• helderverlig
Vertaling:
Engels: pitch-dark
Nederlands: stikdonker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|