Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontkrammer
ontkrammer [boodskap #137710] So., 22 Augustus 2021 08:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ontkrammer.
'n Ontkrammer.
ontkrammer
Afbreking: ont•kram•mer
Samestelling: ont- + kram + -mer


Selfstandige naamwoord: ontkrammer
Meervoud: ontkrammers
Verkleinwoord: ontkrammertjie
Meervoud van verkleining: ontkrammertjies

Betekenis:
• Toestel om krammetjies uit papier te haal.

Gebruik:
• Gebruik die ontkrammer om die krammetjie uit te haal.

Sinoniem:
• knersus (skertsend)
• kramkake
• kramverwyderaar

Antoniem:
• krammer

Vertaling:
Engels: staple remover, destapler
Nederlands: ontnieter, denieteur, nietjesverwijderaar

Nota:
• Soos in die Poskantoorwoordeboek van 1990.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kramdrukker
Volgende onderwerp: versoepel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jan. 07 20:01:39 UTC 2026