| gifstof [boodskap #137622] |
Di., 17 Augustus 2021 08:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24188 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die gevaarsimbool vir 'n gifstof.
gifstof
Afbreking: gif•stof
Samestelling: gif + stof
Selfstandige naamwoord: gifstof
Meervoud: gifstowwe
Betekenis:
• 'n Stof wat 'n skadelike invloed op 'n lewende organisme het.
Gebruik:
• DDT is 'n gevaarlike gifstof wat streng beheer word omdat dit maklik in die voedselketting kan beland.
Sinoniem:
• gif
• toksien
Antoniem:
• geneesmiddel
Hiponiem:
• arseen
• kurare
Vertaling:
Engels: poison, venom, toxin, toxic substance
Nederlands: gifstof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|