Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalksteen
kalksteen [boodskap #137523] Ma., 09 Augustus 2021 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26827
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kalksteen
Afbreking: kalk•steen
Samestelling: kalk + steen


Selfstandige naamwoord: kalksteen
Meervoud: kalkstene
Verkleinwoord: kalksteentjie
Meervoud van verkleining: kalksteentjies

Betekenis:
• 'n Natuurlike gesteente wat ryk is aan kalk.
• Kalsiumkarbonaat, 'n kalsiumsout van koolsuur met formule CaCO3.

Gebruik:
• Kalksteen kom in groot hoeveelhede in die natuur in die vorm van minerale kalsiet en aragoniet voor.
• Kalksteen word al vir eeue in die bounywerheid as 'n grondstof vir sement gebruik.

Sinoniem:
• kalkklip
• kalsiumkarbonaat

Afgelei:
• kalksteenformasie
• kalksteengroef
• kalksteenlandstreek
• kalksteenneerslag

Vertaling:
Engels: limestone
Nederlands: kalksteen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: laakbaar
Volgende onderwerp: sinnaber
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 14 06:19:24 UTC 2026