| bewoon [boodskap #137517] |
Ma., 09 Augustus 2021 07:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24232 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bewoon
Afbreking: be•woon
Samestelling: be- + woon
Werkwoord: bewoon
Verlede tyd: het bewoon
Verlede deelwoord: bewoonde
Betekenis:
• Om in 'n plek (soos 'n huis, paleis, krot of pondok) te woon, of 'n gebied te beset.
Gebruik:
• Die huis word nie bewoon nie.
• Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit." [Genesis 1:28]
Sinoniem:
• beset
• geokkupeer
• habiteer
Hiponiem:
• digbewoon
• dunbewoon
Afgelei:
• bewoner
• bewoning
• bewoonbaar
Vertaling:
Engels: to live in, inhabit, occupy, reside
Nederlands: bewonen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|