| veelvraat [boodskap #137470] |
Di., 03 Augustus 2021 14:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Veelvraat.
veelvraat
Afbreking: veel•vraat
Samestelling: veel + vraat
Selfstandige naamwoord: veelvraat
Meervoud: veelvrate
Verkleinwoord: veelvraatjie
Meervoud van verkleining: veelvraatjies
Betekenis:
• 'n Pelsdier van die martergeslag, Gulo gulo.
• (figuurlik) Iemand wat baie (en sommer enigiets) eet; 'n vraatsugtige mens.
Gebruik:
• Die veelvraat is 'n karnivoor, maar hy is opportunisties en eet reëlmatig plantaardig voedsel.
• Hy is 'n regte veelvraat.
Sinoniem:
• gulsigaard
• vraat
Vertaling:
Engels: glutton; wolverine
Nederlands: veelvraat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|