Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Kennis op voetsoolvlak
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13746] Do, 02 April 1998 00:00
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert

Baie dankie vir jou skrywe - ek het dit uiter interesant gevind - dit gee
'n mens weer stof tot nadenke en wys jou 'n ander sy van die probleem.

Jou ondertoon klink effens negatief - het jy hoop vir die toekoms? Seker
nie met so baie Jaape soos ek wat die land verlaat nie, né...
--
Net Nico ...
Re: Kennis op voetsoolvlak [boodskap #13747 is 'n antwoord op boodskap #13746] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote in message ...
> Leendert
>
> Baie dankie vir jou skrywe - ek het dit uiter interesant gevind - dit gee
> 'n mens weer stof tot nadenke en wys jou 'n ander sy van die probleem.
>
> Jou ondertoon klink effens negatief - het jy hoop vir die toekoms? Seker
> nie met so baie Jaape soos ek wat die land verlaat nie, né...

O ja!

My jongste dogter is drie weke gelede gebore. Met so baie Japies wat die
land
verlaat moet ons wat agterbly die verlies vervang, nie waar nie :-)

Meer ernstig:

Geen samelewing het nog ooit gevorder op tegnologiese gebied voordat hy
begin het om tegnologie en wetenskap in sy eie taal te bedryf nie - die
industriële revolusie het in Europa afgeskop eers toe hulle hul volkstale as
intellektuele tale begin gebruik het, en Latyn oorboord gegooi het - Japan,
China, ens het in hul eie tale ontwikkel.

In die laat tagtigs het onderwysers in wiskunde en wetenskap in Kenia,
Uganda en Tanzanié gaan sit en wetenskaplike terminologie vir daardie vakke
in Swahili ontwikkel - en begin om dit on skole in Swahili aan te bied.
Vandag is Swahili die voertaal van die Universiteit van Makerere in Uganda -
aan die Universiteit van Zanzibar is die om die helfte Swahili en Engels.

In Nigerië het onderwysdepartemente begin om Engels met verdrag te vervang
met die volkstale as onderrigmedium.

Ek dink die begin van die oplewing van Afrika lê hier - vir oor 'n jaar of
driehonderd.

In SA is die tendens nog die teenoorgestelde. Maar mense begin so hier en
daar sê dat "die voertaal van die Universiteit van die Noorde moet eintlik
Sepedi wees - en die van die Universiteit van Zululand, Zulu." (Ek het
vandag na so 'n gesprek tussen drie gedoktoreerde Sotho's geluister.)

Die ironie is, natuurlik dat wanneer dit gebeur, een van die basiese
grondmotiewe van apartheid en "Bantu Education" verwesenlik sal wees.

In elk geval, Nico. In die lang termyn het ek eintlik meer hoop vir Afrika
as vir Amerika. Mits ons die kort en die mediumtermyn oorleef en toegelaat
word om ons rol te speel om 'n omgewing te bou waarin die lang termyn kan
ontwikkel.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Kennis uit Afrika
Volgende onderwerp: Kennis uit Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:10:06 MGT 2024