| nersderm [boodskap #137420] |
Vr., 30 Julie 2021 14:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24163 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nommer 6 is die dikderm, 7 is die nersderm en 8 is die anus.
nersderm
Afbreking: ners•derm
Samestelling: ners + derm
Selfstandige naamwoord: nersderm
Meervoud: nersderms
Verkleinwoord: nersdermpie
Meervoud van verkleining: nersdermpies
Betekenis:
• Die laaste deel van die spysverteringskanaal, tussen die dikderm en die anus.
Gebruik:
• Afvalstowwe versamel in die nersderm voordat dit uitgeskei word.
Sinoniem:
• endelderm
• rektum
Afgelei:
• nersdermklier
Vertaling:
Engels: rectum
Nederlands: endeldarm, aarsdarm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|