Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tokkelok
tokkelok [boodskap #137376] Di., 27 Julie 2021 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
tokkelok
Afbreking: tok•ke•lok


Selfstandige naamwoord: tokkelok
Meervoud: tokkelokke
Verkleinwoord: tokkelokkie
Meervoud van verkleining: tokkelokkies

Betekenis:
• 'n Teologiese student (oorspronklik van die Kweekskool te Stellenbosch).

Gebruik:
• Ná matriek is hy Stellenbosch toe om 'n tokkelok te word.

Wisselvorm:
• tokkie

Vertaling:
Engels: theological student, seminarian
Nederlands: seminarist

Nota:
• 'n Vervorming van die Nederlandse woord theologicum, "'n teologiese opleidingsinstituut".
• Daar word soms gespot dat dit van die Engelse woorde "talk a lot" afstam.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 21 Augustus 2026 05:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: dros
Volgende onderwerp: sakelui
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 21 21:21:16 UTC 2026