| spinasie [boodskap #137232] |
Wo., 14 Julie 2021 08:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Spinasie
spinasie
Afbreking: spi•na•sie
Selfstandige naamwoord: spinasie
Meervoud: spinasies
Verkleinwoord: spinasietjie
Meervoud van verkleining: spinasietjies
Betekenis:
• Blaargroente van die spinasieplant.
• Die vinniggroeiende, eenjarige plant Spinacia oleracea.
Gebruik:
• Spinasie is gesond, al val dit nou nie in almal se smaak nie.
• Pa plant spinasie in die groentetuin.
Afgelei:
• spinasiebeet
• spinasieblaar
• spinasiepastei
• spinasiesaad
Vertaling:
Engels: spinach
Nederlands: spinazie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|