Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Mars
Mars [boodskap #137112] Vr., 02 Julie 2021 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26703
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die planeet Mars.
Die planeet Mars.
Mars
Afbreking: Mars


Selfstandige naamwoord: Mars
Meervoud: –

Betekenis:
• Die vierde planeet van ons sonnestelsel; die rooi planeet tussen die Aarde en Jupiter.
• (mitologie) Die Romeinse god van oorlog; oorlogsgod.

Gebruik:
• Vanaf die Aarde lyk Mars rooierig, daarom word dit dan ook die Rooi Planeet genoem.
• Mars was die seun van Jupiter en Juno, en sy seuns (Romulus en Remus) word as die stigters van Rome gesien.

Hiperoniem:
• aardplaneet

Afgelei:
• Marsbewoner

Vertaling:
Engels: Mars
Nederlands: Mars

Nota:
• Moenie "Mars" met "mars" (met 'n kleinletter) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Venus
Volgende onderwerp: mars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Okt. 01 23:09:14 UTC 2026