| broodrol [boodskap #137107] |
Do., 01 Julie 2021 20:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Broodrolletjies
broodrol
Afbreking: brood•rol
Samestelling: brood + rol
Selfstandige naamwoord: broodrol
Meervoud: broodrolle
Verkleinwoord: broodrolletjie
Meervoud van verkleining: broodrolletjies
Betekenis:
• 'n Klein ronde of langwerpige broodjie.
Gebruik:
• Ma maak hamburgers van die ronde broodrolletjies en worsbroodjies van die langwerpige broodrolletjies.
Vertaling:
Engels: bread roll
Nederlands: broodje
Nota:
• Meestal as verkleinwoord.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|