Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kannie wag 2
Kannie wag 2 [boodskap #13528] |
Wed, 25 March 1998 00:00  |
Dms
Boodskappe: 2 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek wil net sê ek hardloop nie weg nie. Maar ek is oortuig geweld en misdaad
(die teen woordigheid daar van) is besig om deel te word van baie Suid
Afrikaners se kultuur. Ek kan nie meer my seun wat volgende jaar Gr1 toe
gaan meer toe laat om die nuus te kyk nie, hy wil kort kort van my weet
hoekom skiet hulle mekaar?, waarom is hulle dood? ens, julle weet wat ek
bedoel. Ons weet wat het 'n klein groepie swart KINDERS (22jaar oud een van
hulle Gr10) virmag het in Vryheid, en dit is nie 'n UITSONDERING NIE!!
Piet ek het ook 'n huis in Centurion met diefwering aan die buitekant,
alarim stelsel, en 'n pistool in die kluis, ek wil nie so leef nie. As stem
reg vir die swartes beteken ek moet my vryheid om 'n vreesloose en normale
lewe te ly prys gee, was dit nie die mooite werd nie. Van 1992/4 het ek nie
meer die volle vryheid van beweging nie, en my kind een dag nog minder. Het
Mokaba, Winnie, DuArte, Zuma en die honderde ander met gesag nie opleiding
gehad nie? "Kill the boer kill the farmer" en "One settler one bullet" plus
al die korrupsie, is dit normaal vir jou? MENSE MET OPLEIDING!!!
Dankie vir jou brief Billy, ek het al die vaktore oor weeg, en dit is vir
my geen maklike besluit nie. Die grootste oomblikke in enige mens se lewe
is, sy
1. Geboorte.
2. As hy tot sterwe kom.
3. En as hy sou immigreer.
Donovan
|
|
|
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13577 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Fri, 27 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Ja, hopelik is hy nie vanplan
| om na Noord-Amerika te emigreer
| nie. Kinders skiet ander kinders,
| kinders vermoor mekaar.
Baseer jy al jou stellinge op geisoleerde gevalle? Jy maak steeds maar
jou naam tottie. As jy enigsinds hier wil geloofwaardig klink, gee vir ons
die volgende statistieke: Hoeveel kinders sit in NoordAmerikaanse skole?
(Dit sluit Kanada in, né. Was jou kinders ook daar in so 'n skool? Wie
het hy doodgeskiet?) Hoeveel van hulle word op skool doodgeskiet? Hoeveel
kinders sit in SA skole? Hoeveel van hulle wat swart is, word verkrag?
Hoeveel van die wit meisies word deur swart seuns ge intimideer? As 'n
swart leerling genecklace word, haar dit nie eers meer die koerante nie -
huur was en is die skietery darem nasionale nuus.
Kom ek sê vir julle almal: netsoos Gloudina nou 'n enkele geval wil
opblaas, kan ek vir julle sê dat my TWEE kinders in "noord Amerikaanse"
skole is en ek het geen twyfel dat hulle hier veiliger is en beter na
omgesien word as in die SA skole waarin hulle was nie. Kom kyk self - jy
hoef nie vir Gloudina of my te glo nie.
Ek vermoed Gloudina hou nie juis van Amerika nie omdat hulle haar dalk nie
destyds hier wou toelaat nie! Wyse besluit van die mense. Nou kan ek ten
minste in 'n beskaafde land kom bly. Maar moenie dat dit jou nou grootkop
gee nie, Gloudina, Kanada is nie sleg land net omdat jy daarin bly nie.
Eendag sal julle nog die Britse juk afgooi en dan sal dinge dalk ook daar
beter gaan. Maar dit gaan kapitalisme verg - en jy klink nie na die soort
van persoon wat goed binne kapitalisme kan opereer nie. Is ek reg?
Nico
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13603 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Sat, 28 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Nico" writes: >
> Hy
> | probeer so hard om nou "Amerikaner"
> | te wees.
>
> Jy is heeltemaal reg! Ek gaan oor vyf jaar burgerskap aanvaar en al weet
> ek ek sal nooit 'n 100% Amerikaner kan wees nie, gaan ek so naby daaraan
> probeer kom as wat ek kan. My verlede hang ten minste ook nie soos 'n
> meulsteen om my nek nie! Ons hou aan Afrikaans praat in die huis en ons
> sal seker maar altyd sulke basters wees.
>
> Jy sal eers 'n volwaardige
> | Amerikaner wees wanneer jy jou ten
> | volle identifiseer met die probleme
> | en die sterktes van die VSA, En
> | weet waarvan jy praat.
>
> Jou moer, man! Waar kry jy die vermetelheid om vir my te sê wanneer ek 'n
> volwaardige Amerikaner sal wees!?!?! Jy het iedergeval 'n baie skewe idee
> van "identifiseer" met 'n saak.
> Dink jy nou ek sal 'n beter Amerikaner wees as ek heeldag en aldag hier sit
> en skywe oor hoe 'n slegte plek ek in kom woon het. Dan sou ek maar stupid
> wees om so 'n slegte plek te kies, nie waar nie.
Wel, Nico, al wat ek vir jou kan sê
is dat daar baie van jou soort "nuutjies"
hier in Kanada aankom, skuimende om die
mond van hoe sleg SA nou is en hoe
wonderlik alles in Kanada is. Na 'n rukkie
as hulle nou begin inburger, dan vergeet
hulle van die Nuwe Suid-Afrika en begin
dinge hier kritiseer. Dis dan dat hulle
begin " Kanadees " word. Meeste van
hulle, as hulle anti-swart in SA was,
is dan net anti-visible minorities hier,
en begin vir jou te vertel hoe lui en
sleg die lede van die First Nations is.
>
Ek sê ook weer: jy klink nog asof jy iets
wil probeer verdedig. En ek sê weer: ek het
heelwaarskynlik meer van die VSA gesien as
jy omdat ek baie langer op hierdie vasteland
is as jy. My geliefkoosde oostelike deel van
die vasteland is in New Hampshire. Ek is ook
amper seker dat ek meer van die Amerikaanse
grondwet weet as jy (ek het dit as student
in Stellenbosch paragraaf vir paragraaf in
die Geskiedenisklas bestudeer.) Dus dink ek,
Nico, dat dit baie meer waardig vir jou sal
wees om nie uit te basuin oor hoe sleg SA
is, en hoe goed "Amerika" is, totdat jy 'n
bietjie langer in die land is en weet waarvan
jy praat nie. Daar is niks verkeerd om te
vertel hoe dit daar by jou lyk en hoe lief
jy dit het nie. Moet net nie veralgemenings
maak en jouself gedurig gelukwens dat jy nou
nie meer in SA sit nie. Hou op om oor SA te
praat. Wees 'n Amerikaner, en 'n inwoner van
Minnesota. ('n Staat met baie mere en nie baie
mense nie.)
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13604 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Sat, 28 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Armsalige ou Nico, ek dink ek weet
| meer van "Amerika" as jy, het meer
| plekke al gesien as jy, weet heel-
| waarskynlik meer van die Amerikaanse
| politiek as jy.
Oooo, jy is so wonderlik - jy's 'n helikopter pilot! Die son skyn net as
jy opstaan. Jy het alle wysheid en pag! Almal op die NG val voor jou
alwyse voete neer! Die volume van jou kennis is onbepaalbaar!
Hoop jy voel nou beter!
Arme ou Nico.
Jy hoef my nie jammer te kry nie - ek is tevrede met my lewensstyl, en my
vlak van kennis en die tempo waarmee ek dit uitbrei. Ek het nie 'n
minderwaardigheidskompleks nie. Ek leef lekker!
Hy
| probeer so hard om nou "Amerikaner"
| te wees.
Jy is heeltemaal reg! Ek gaan oor vyf jaar burgerskap aanvaar en al weet
ek ek sal nooit 'n 100% Amerikaner kan wees nie, gaan ek so naby daaraan
probeer kom as wat ek kan. My verlede hang ten minste ook nie soos 'n
meulsteen om my nek nie! Ons hou aan Afrikaans praat in die huis en ons
sal seker maar altyd sulke basters wees.
Jy sal eers 'n volwaardige
| Amerikaner wees wanneer jy jou ten
| volle identifiseer met die probleme
| en die sterktes van die VSA, En
| weet waarvan jy praat.
Jou moer, man! Waar kry jy die vermetelheid om vir my te sê wanneer ek 'n
volwaardige Amerikaner sal wees!?!?! Jy het iedergeval 'n baie skewe idee
van "identifiseer" met 'n saak.
Dink jy nou ek sal 'n beter Amerikaner wees as ek heeldag en aldag hier sit
en skywe oor hoe 'n slegte plek ek in kom woon het. Dan sou ek maar stupid
wees om so 'n slegte plek te kies, nie waar nie.
En wie gaan nou altemit oordeel of ek weet waarvan ek praat?
Nico
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13617 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Sun, 29 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Wel, Nico, al wat ek vir jou kan sê
| is dat daar baie van jou soort "nuutjies"
| hier in Kanada aankom, skuimende om die
| mond
Watse snaakse mense versamel jy om jou, Gloudina. Hier sien ons nie sulke
mense nie. Een of twee sal dalk noem van een of ander slegte ervaring wat
hulle in Sa gehad het, maar meesal gaan die gesprek oor hoe lekker dit hier
is - selfs van die ouens wat al meer as vier jaar hier is. En ons vermy
gewoonlik wit/swart politiek as ons bymekaar is - daar is baie meer
positiewe en mooi goed om oor te gesels!
Dalk kan jy daaraan dink om jou vriendekring te verander...
van hoe sleg SA nou is en hoe
| wonderlik alles in Kanada is. Na 'n rukkie
| as hulle nou begin inburger, dan vergeet
| hulle van die Nuwe Suid-Afrika en begin
| dinge hier kritiseer. Dis dan dat hulle
| begin " Kanadees " word. Meeste van
| hulle, as hulle anti-swart in SA was,
| is dan net anti-visible minorities hier,
| en begin vir jou te vertel hoe lui en
| sleg die lede van die First Nations is.
Jy is skeef, Gloudina, geweldig skeef.
|
|
| Ek sê ook weer: jy klink nog asof jy iets
| wil probeer verdedig.
Gaan was jou ore - dit klink vir jou verkeerd ...
En ek sê weer: ek het
| heelwaarskynlik meer van die VSA gesien as
| jy omdat ek baie langer op hierdie vasteland
| is as jy. My geliefkoosde oostelike deel van
| die vasteland is in New Hampshire. Ek is ook
| amper seker dat ek meer van die Amerikaanse
| grondwet weet as jy (ek het dit as student
| in Stellenbosch paragraaf vir paragraaf in
| die Geskiedenisklas bestudeer.)
Moerse! Helikopterpilot! Veels geluk! Hoeveel basuine kan jy nog op
blaas? Hervat asseblief weer jou medikasie voor jy plasings hier maak. Jy
maak 'n mens naar, man!
Dus dink ek,
| Nico, dat dit baie meer waardig vir jou sal
| wees om nie uit te basuin oor hoe sleg SA
| is, en hoe goed "Amerika" is, totdat jy 'n
| bietjie langer in die land is en weet waarvan
| jy praat nie.
As JY so 'n opinie uitspreek, volg ek eerder net die teenoorgestelde pad.
As jy van iets hou, moet dit verkeerd wees. Jy bring net die lelike in
mense om jou uit - geen wonder jy dink alles om jou is sleg en almal is
varke nie.
Daar is niks verkeerd om te
| vertel hoe dit daar by jou lyk en hoe lief
| jy dit het nie. Moet net nie veralgemenings
| maak en jouself gedurig gelukwens dat jy nou
| nie meer in SA sit nie.
Jy kan nie 'n ENKELE keer aanhaal waar ek dit gedoen het nie!
Hou op om oor SA te
| praat. Wees 'n Amerikaner, en 'n inwoner van
| Minnesota. ('n Staat met baie mere en nie baie
| mense nie.)
En geen Gloudinas nie! Ek sal oor SA praat soveel as wat ek wil! Hoe DURF
jy die vermetelheid hê om vir my te sê ek mag nie oor SA praat nie en jy
rek jou groot bek oor Amerika en Suid Afrika en die hele res van die wereld
waaroor jy absoluut niks weet nie?
Sies man! Jy is walglik!
Nico
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13678 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Tue, 31 March 1998 00:00   |
Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
wrote:
> Ai, Leendert, ek sou so graag
> teen hierdie tyd wou sien dat
> jy begin besef hoekom daar 'n
> Afrikaanse kuberruiter deur die
> kuberruimte ry. Die ruiter
> lok met goedgemikte aanvalle
> terugaanvalle uit. In die
> proses gebruik almal buite
> SA hulle Afrikaans
Gloudina,
Ons praat as gesin elke dag Afrikaans, op straat voor ander Aussies
ens. Ons doen dit spontaan , jou redenasies en aanvalle sit nie 'n
Afrikaanse taalproses aan die gang nie......en beslis betrek jy ook
nie ALMAL buite SA nie. Jy het wel 'n oorlog teen jouself op die
nuusgroep aan die gang gesit. Wat nogal jammer is. Ek het van jou
aanvanklike gesels gehou, maar siestog jong, nou beledig almal jou
net....ek voel al skaam as ander so neerhalend na jou verwys as 'n ou
tannie. Dit is nie mooi nie.
Gloudina, ek dink tog jy wil die wereld 'n beter plek maak...ek gee
jou nou die voordeel van die twyfel. Lees asseblief 'Mother Teresa'
deur Navin Chawla ook 'The giant book of INFLUENTIAL WOMEN, The 100
greatest women of all time' deur Deborah G.Fielder. Die vroue se werke
is aangrypend en laat 'n mens skaam staan oor jou eie gepraat en niks
doen nie, gee ook perspektief oor hoe andere uit niks, deernis aan
andere kan betoon.
Groete.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13710 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Wed, 01 April 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> En nou dat die "burgeroorlog" (soos jy dit sien) beslis is, dans jy soos 'n
>> prepubessente klonkie wat oorlog-oorlog speel en die krygers se krete na-aap
>> op die karkas van 'n dooie Raka wat net in jou verbeelding bestaan .
>>
>>> Die Ruiter in die Nag
>>
>> Gloudina, die verval van jou persoonlikheid is so pateties, dit word 'n
>> verleentheid vir mense wat dit waarneem.
>>
>> Ek raai jou aan om dringend hulp te kry.
>>
>> Leendert
>
> Ai, Leendert, ek sou so graag
> teen hierdie tyd wou sien dat
> jy begin besef hoekom daar 'n
> Afrikaanse kuberruiter deur die
> kuberruimte ry. Die ruiter
> lok met goedgemikte aanvalle
> terugaanvalle uit. In die
> proses gebruik almal buite
> SA hulle Afrikaans, en jy
> kry 'n kans om in jou mooi
> welberedeneerde sinne vir ons
> waardevolle inligting te gee.
> Die enigste verloor gaan wees
> as jy nie meer aan hierdie
> nuusgroep deelneem nie.
>
> Die Kuberruiter in die kubernag,
> met sy kubergeweer.
Leendert
Jy is reg, definitiewe grootheidswaansin te bespeur. Ek voorsien dat
dit net sal vererger met die uiteindelike oorname van die Pretoria brug
in Ottawa, die hys van die vierkleur, die UDF verklaring en dan die
internering in 'n area met soortgelyke persone.
|
|
|
|
|
|
Re: Kannie wag 2 [boodskap #13775 is 'n antwoord op boodskap #13528] |
Fri, 03 April 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
|
| Jy is reg, definitiewe grootheidswaansin te bespeur. Ek voorsien dat
| dit net sal vererger met die uiteindelike oorname van die Pretoria brug
| in Ottawa, die hys van die vierkleur, die UDF verklaring en dan die
| internering in 'n area met soortgelyke persone.
|
Lou,
Ek hoop nie jy beweer ernstig daar is nog ander soortgelyke mense nie?!?!?
Dit laat 'n mens ril in die nag ...
Nico
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:40:44 UTC 2025
|