| abakus [boodskap #137079] |
Ma., 28 Junie 2021 18:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Abakus.
abakus
Afbreking: a•ba•kus
Selfstandige naamwoord: abakus
Meervoud: abakusse
Verkleinwoord: abakussie
Meervoud van verkleining: abakussies
Betekenis:
• Toestel waarmee kinders leer tel en waarmee wiskundige berekeninge gedoen word.
• (argitektuur) Die boonste gedeelte van 'n pilaar.
Gebruik:
• Tel die getal 17 uit op jou abakus.
Sinoniem:
• telraam
Vertaling:
Engels: abacus, counting-frame
Nederlands: abacus, telraam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|