| swiep [boodskap #137077] |
Ma., 28 Junie 2021 17:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24198 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swiep
Afbreking: swiep
Werkwoord: swiep
Verlede tyd: het geswiep
Teenwoordige deelwoord: swiepende
Betekenis:
• Om veerkragtig te buig en terug spring (soos 'n sweep deur die lug trek); slap buig en terugvee.
• Om vinnig en met krag te beweeg of te versprei.
• Met die vinger oor 'n raakskerm trek of vee.
Gebruik:
• Die sambok swiep deur die lug.
• 'n Bosbrand het deur die woongebied geswiep.
• Swiep na links om die oproep te weier.
Vergelyking:
• Swiep soos riete.
Sinoniem:
• buig
Afgelei:
• swiepend
• swiepgeluid
• swieping
• swiepslag
• swiepwind
Vertaling:
Engels: to sway, swish; to swipe
Nederlands: zwiepen; swipen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|